Student Council

Anjani Janneke
Ek sien myself as n persoon wat altyd probeer om ander mense se belange op my hart te dra deur my beste self te wees en vir hulle n toevlug oord te wees in goeie en slegte tye. Ek is gefokus en toegewyt op my doelwitte wat ek in die lewe wil bereik en sal hard werk om my drome waar te maak deur n positiewe uitkyk op die lewe te handhaaf.
Cara-Leigh Cassere
Ek is sosiale mens wat daarvan hou om altyd n positiewe verskil in ander mense se lewens by te dra. Ek hou daarvan om myself met mense te omring wat ek weet impak op my menswees en lewe sal maak. Wanneer ek vir myself n doelwit stel sal ek alles probeer om daarby uit te kom en my doelwit te bereik tot die beste van my vermoe.
Eugene Stander
Ek is n mense mens en geniet dit vreeslik baie om tussen mense te wees. Ek het n baie groot sin vir humor en sal altyd probeer om n lag uit elke situasie uit te trek. Ek het naby 20 bonsai boompies waarmee ek myself besig hou as n stokperdjie en dan jou ek ook baie van jag en visvang, veral flyfishing. Ek geniet dit om te kamp solank as wat dit nie reen nie en ek sal nie kan kies tussen die bosveld en die see nie.
Lizanne de Wet
Ek is vriendelike, saggeaarde, vredeliewende mens wat graag ander wil help. Ek is hardwerkend en bereik graag my doelwitte wat ek vir myself gestel het. Ek is lojaal en goeie luisteraar. My familie en vriende is vir my baie belangrik en ek sal altyd my beste doen om daar te kan wees vir hulle. Ek geniet dit om te sosialiseer en nuwe mense te leer ken.
Melissa de Wet-Marais
Ek is Melissa de Wet-Marais woonagtig in die ooste van Pretoria. Ek sal myself beskryf as vriendelike mens, wat altyd die ekstra myl loop om ander te help en daarom sou ek sê dit het groot en deels my keuse beïnvloed om Somatologie te swot. Ek voel as dit nie vir my familie was nie, was ek defnitief nie waar ek nou vandag is nie. Daarom is dit my doel hierdie jaar om vir tenminste net een persoon familie lid te kan wees hier by CAPA. Highveld kampus
Sarel v.d Merwe
Ek is n doelgerigte mens wat altyd my kant sal bring in tye wanneer dit nodig is en sal fokus om my beste te gee met alles wat ek doen. Wanneer mense my benodig sal ek uit my pad uit gaan om hulle belange op my hart te dra en n oplossing te kry vir n probleem. Wanneer mense my nie ken nie kom ek skaam en terug-getrokke voor, maar ek is n baie sosiale mens wat daarvan hou om my te omring met mense wat n positiewe impak op my lewe het.
Swané van Wyk
Ek is baie avontuurlustig en spontaan. Ek hou van die Natuur en my passie is diere. My doel waarna ek strewe is om rehabilitasie vir wilde diere te skep en diere n kans gee tot n regverdige lewe. Highveld kampus